Boek: ‘Bruistablette vir die lewe’

 Bruistablette-vir-die-lewe-C-COVER-concepts-4-1.jpgSusan Coetzer

Ons almal is op soek na iets wat ons nie net ’n paar uur se woema sal gee nie, maar wat ons daagliks sterker en kragtiger sal maak te midde van uitdagings, teleurstellings en ontnugterings. In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat ons meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons alledaagse lewe.

Oor die outeur:

Susan Coetzer is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Van haar roman Oros vir die siel is meer as 30 000 eksemplare verkoop. Die afgelope paar jaar het sy naam gemaak deur voor hoofsaaklik vrouegehore op te tree. Sy woon in Johannesburg en het een seun en een kleinseun. Soos al Susan se vorige boeke is Selma en Louise wat vroeër vanjaar by Human & Rousseau verskyn het ook ʼn reusesukses. Bruistablette vir die siel is haar eerste publikasie by Lux Verbi. Susan is van Augustus in die televisiereeks, Binnelanders, as Mercia te sien.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R240*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.