Boek: Buksie en Bella

Buksie-en-Bella-HIGH-RES-002.jpgAmy Hest

Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!

In die klein rooi huisie duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog ’n bietjie terwyl sy hart boems, boems, boems klop. En dan… WHAAA! Uit die bloute verskyn die baba. Sy jil en gil en druk haar neus teen syne! Tyd om ’n nuwe wegkruipplek te kry… Gou, Buksie! Gou, Buksie! Gou, Buksie… GOU!

Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek is ’n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen ’n baba en ’n hondjie.

Met ’n snoesige, slaperige einde is hierdie die perfekte voorleesboek vir slaaptyd, en dit is ’n fantastiese geskenk vir jong lesers.

Oor die outeur

Amy Hest het in die vroeë 1970’s as ’n kinderbibliotekaris in die New Yorkse openbare biblioteekstelsel gewerk, en daarna vir jare in die kinderboekuitgewersbedryf. In daardie tyd het sy voortdurend geskryf, maar nooit haar werk met enige iemand gedeel nie – nie eens met haar kollegas in die uitgewersbedryf nie! Deesdae is Amy ’n hoogs veelsydige skrywer van meer as dertig boeke vir jong lesers. Die meeste daarvan spreek familie- en generasieprobleme op ’n deernisvolle manier aan.

Oor die illustreerder

Polly Dunbar het illustrasie aan die Brighton Art School gestudeer en woon en werk deesdae in Londen. Sy is die skrywer en illustreerder van Penguin, Blue Dog en Flyaway Katie, en beskou kleur as ’n manier om jou lewe op te vrolik, so wanneer sy ’n bietjie grys voel, trek sy haar pienk rok aan en verf! Polly is die dogter van die befaamde skrywer Joyce Dunbar saam met wie sy al verskeie prenteboeke gepubliseer het. Sy is ook die skrywer van die Tilly and Friends-boeke, wat deesdae ’n TV-reeks is.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.