Boek: By waters van rus

By Waters (Medium).jpgJohan Smit

Te midde van die daaglikse gewoel van die lewe hunker ’n mens na ’n oomblik wanneer jy net stil kan word by jou Here.

Johan Smit bied jou hierdie geleentheid met sy dagboek By waters van rus. Die 366 diepsinnige oordenkings in grootdruk sal soos ’n lafenis vir die siel wees wanneer jy stil word by God. Die temas in hierdie dagboek sluit onder meer in:

  • Die lewe is ’n fees!
  • Die mense agter die skerms
  • Psalms
  • Uitdagings
  • Die wins van verlies.

Die handige takregister agter in die dagboek is ook ideaal om teksgedeeltes op te soek.

Met By waters van rus kan jy elke dag by die Vader se voete kom sit en opnuut God se vernuwende krag in jou lewe ervaar.

Oor die skrywer:

Johan Smit het al meer as 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predikant in die NG gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by Kerkbode en Lig. Hy is in November 2016 in die ouderdom van 73 oorlede.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.