Boek: Bybelse gids vir tieners

Jan Vermeulen

Met dekades se ervaring in geestelike en jeugbediening en ʼn hele paar jeugverhale agter sy naam, skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners.

GOM vir jou stukkende wêreld het pas by Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, verskyn. Dit bevat vyf belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan toerus om:

  • Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.
  • Antwoorde op hul geestelike vrae te kry.
  • Beter lewenskeuses te maak.

In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Dié gids gee vir tieners hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak.

GOM vir jou stukkende wêreld bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek.

Dit boek is geskik vir alleen gebruik onder tieners, sowel as ʼn waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en Sondagskool.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.