Boek: Caesar se lourierkrans

René Goscinny

Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help om te wedywer nie en dit loop uit op ʼn uitnodiging van Allamapstix: Spoggerix kan ‘n bredie wat gekrui is met lourierblare uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet!

Dit beteken Asterix en Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met ʼn vinkelkrans te ruil?

Caesar se lourierkrans is die 18de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het in Stellenbosh gestudeer en beskik oor ʼn Magistergraad in Frans. Sy is onder meer die vertaler van die Kuifie-boeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.