Boek: Chaos in Bronberg

Chaos in Bronberg voorbladLilli L’Arronge

Klein dingetjies het groot gevolge! Wat kan alles gebeur as iemand ’n piesangskil onverskillig weggooi? Na ’n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul – uiteindelik gebeur daar iets in die dorp!

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees vir kinders ouer as vier.

Oor die outeur en illustreerder:
Lilli L’Arronge (gebore 1979) het visuele kommunikasie aan die Bauhaus Universiteit in Weimar studeer. Sy illustreer, ontwerp en skryf boeke vir kinders en volwassenes, en maak ook animasiefilms vir televisie.

Oor die vertaler:
Dr. Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.