Boek: Charlie en die groot glashyser

Charlie-en-die-Groot-GlashyserRoald Dahl

Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog ’n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim!

Pragtige nuwe uitgawes van hierdie klassieke kinderboeke om Roald Dahl se 100ste verjaardag te herdenk.

Oor die outeur

Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.