Roald Dahl
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasgevang in die soetste avontuur!
Nuwe uitgawes van hierdie klassieke werke herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.
Oor die outeur
Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155.00*
*Prys onderhewig aan verandering
H&R kan gerus eerder plaaslike Afrikaanse skrywers en illustreerders ondersteun ipv oorsese. Hoeveel betaal hulle vir die publikasie-regte? Moet die Afrikaners se minderwaardigheidsgevoel ewiglik gevoed word uit eie geledere? Ons kan ook die beste kinderboekskrywer oplewer… o, maar ek’t vergeet Dahl was seker Amerikaans en boonop Engels…