Boek: ‘China in Afrika’ – Fanie Herman

Fanie Herman

In Fanie Herman se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit word China se militêre diplomasie en dimensies van sekuriteit in Afrika ondersoek.

China het in die laaste dekade meer selfgeldende en aggressiewe internasionale gedrag begin openbaar. Dit is toe te skryf aan die land se uitbreiding van politieke, ekonomiese en militêre mag in die internasionale politieke terrein en die strewe na grootmoondheidstatus. Die dryfveer agter die opkoms van China is die herlewing van Chinese nasionalisme en die fokus op sosialisme met Chinese eienskappe.

China se strewe na grootmoondheidstatus beteken dat sekuriteit ook opgeskerp moet word. Sekuriteit gaan hand aan hand met die herlewing van nasionalisme en ekonomiese ontwikkeling en is ʼn hooffokusarea van die land se binnelandse en buitelandse beleid. Sekuriteit moet veral opgeskerp word in lande waar Chinese burgers werk, byvoorbeeld op Gordel-en‑padinisiatief (GPI)-roetes.

Met die aanvang van die 21ste eeu het China se militêre diplomasie in Afrika ʼn nuwe wending geneem. Programme vir opleiding word aangebied, besoeke deur hooggeplaaste weermagamptenare vind plaas, vlootvaartuie bring besoeke aan hawens, die Chinese hospitaalskip, die Vredesark, verskaf mediese hulp en gesamentlike militêre oefeninge vind plaas.

Fanie Herman, skrywer van ‘China in Afrika: Die era van sekuriteit’. (Foto: Verskaf)

Oor die skrywer

Herman het ʼn MA- en PhD-graad in internasionale politiek verwerf. Sy doktorale proefskrif het ondersoek ingestel na China se betrokkenheid by vredesendingsoperasies in Afrika.

Herman het al verskeie artikels in internasionaal geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en sy navorsingsbelange sluit in Sino-Afrika-verhoudinge, strategiese studies, internasionale sekuriteit en regimeteorie.

Prys: $24 (sowat R383,20)*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek aanlyn by Amazon  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.