Boek: Chris Barnard-prys lewer kortverhaalbundel op

Die Chris Barnard-prys – 24 stories bied ʼn versameling kortverhale deur die skrywers wat vanjaar die kortlys van Minimal Press en die Chris Barnard-prys se kortverhaalwedstryd gehaal het.

Kortverhale wat in die bundel opgeneem is betrek ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Die skrywers sluit in Renette Vosloo, Hendie Grobbelaar, Gert van Jaarsveld, Marolene Snyders, Gerda Niemann, Paula Paxton, Sanet van der Westhuizen, Wikus van der Schyff, Johann van der Walt, Bets Koen, Amanda de Meillon, Antoinette Venter, Elizabeth Hentschel, Helena Mellett, Stephanie Rappard, Riaan Palmer, Nico Schamrel, Jenny Robson, Aniel Botha Karsten en Jayne Bauling.

Die Chris Barnard-prys was voorheen bekend as die Croyez-prys, wat die eerste keer in 2019 toegeken is. Dié skryfkompetisie is in 2020 genoem na Barnard vanweë sy talent en bydrae as kortverhaalskrywer. Ná die naamverandering is Barnard se weduwee, Katinka Heyns, betrek. Sy het die oorhandiging van pryse gedoen.

Vanjaar se kompetisie is deur Madelein Rust, Carla van der Spuy, Malene Breytenbach en Elsa Winckler beoordeel.

Prys: R240,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Minimal Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.