Boek: Citygirl en die swart hings

city girl

Marga Jonker

Nicole woon by haar pa en ouma vandat haar ouers geskei is. Sy het nie ʼn goeie verhouding met haar ma, ʼn professor in mariene biologie, nie en sy verkies om vakansies in Pretoria te bly en saam met haar vriendinne uit te gaan.

Maar dié vakansie is haar pa weg op wittebrood saam met sy nuwe vrou en moet Nicole noodgedwonge saam met haar ma Weskus toe ry, waar sy by ʼn navorsingspan oor Heaviside-dolfyne gaan aansluit. Hulle bly by ʼn langverlore familielid van hulle, tannie Pollie.

Die Weskus is ʼn wêreld wat Nicole glad nie ken nie, maar sy word vinnig deel van ʼn groep kinders van die naburige plaas wat ook perdry. Hulle kry te doene met Soutvis die “wilde” perd, eintlik ʼn volbloedperd, ʼn Andalusiër, wat weggehardloop het en in die veld oorleef, en baie skugter is. Die klomp kinders beraam ʼn plan om die perd aan te keer, maar dit is nie sonder voorval nie; want die onverwagse verskyning van ʼn strandwolf ry hulle planne in die wiele. Daar is ook ʼn bietjie romanse, en genoeg tyd vir Nicole en haar ma om mekaar ook weer te vind.

Oor die outeur:
Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba en Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geïllustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig Slegs Bekendes opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sy is die klashanswors, reken sy.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R125-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.