Boek: Confessions oor kerkwees

 Confessions-oor-kerkwees_voor-web-768x1152.jpgJaco Strydom

Jaco Strydom se boek, Confessions oor kerkwees, is sopas vrygestel en is ’n samestelling van sy skryfwerk soos dit in verskeie publikasies verskyn het – aanlyn en gedruk. “Dit sal jou uitdaag, roer en diep aan die dink sit,” sê Stephan Joubert oor die boek.

“Confessions oor kerkwees reflekteer my nadenke in koerante, tydskrifte, my blog en ander publikasies.

“Wanneer jy ʼn rubriek of artikel skryf, skryf jy vir ʼn spesifieke leser, die tipiese oom of tannie wat daai koerant of tydskrif koop. Die goed op my blog is anders – wie weet wie lees dít? Baie van wat ek daar geskryf het, het uitgeglip en is nie beplan nie.

“Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin én wit én swart, mooi én lelik, goed én sleg. In die woorde van Diane Ackerman: “It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.” My hoop is dat jy iets hiervan sal raaklees.

“My grootste inspirasie was nog altyd die vreemde wesens wat ek deur die jare raakgeloop het op onwaarskynlike plekke – selfs in my drome. Baie van hulle waag dit selde op “tradisioneel godsdienstige plekke”, maar hulle ken geheime oor God. Ek wil jou graag aan ʼn paar van hulle voorstel.

“Ek het met die saamstel van die boek agtergekom dat ek nie altyd met myself saamstem nie; hier en daar weerspreek ek myself. Ek vermoed ek is geestelik effens bipolêr, veral met betrekking tot die kerk. Soms laat sy my huil, soms laat sy my lag, soms wonder ek of as Jesus vandag sou lewe, Hy ons ook van die Christendom sou wou verlos.

“Die boek is dus ietwat deurmekaar, maar ten minste (hoop ek) nie te vervelig nie…” skryf Strydom

Oor die outeur:

Jaco Strydom het teologie gestudeer aan die Universiteit van Pretoria en NWU. Hy het ʼn tyd lank in Indië gewoon en was ook betrokke by projekte in Nepal, Pakistan, Bangladesj en Kenia. Tans is hy deeltyds predikant in Villieria en die leier van Echo Jeugontwikkeling, ʼn alternatiewe geloofsgemeenskap wat verblyf en ondersteuning bied aan jongmense sonder heenkome.

Uitgewer: Carpe Diem Media
Boek beskikbaar by Voelgoedboeke
Prys: R139,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BESLIS ·

Ek glo beslis as Jesus vandag sou leef, sou hy ons beslis van die hedendaagse Christendom wou verlos het.

Sam ·

Ek stem beslis saam, Beslis.

Ja, Papegaai … daar is iets wat ons van Christendom te verlos: die Waarheid.

Min is daar wat dit soek en verstaan … Waar sal jy dit vind? In die Woord (1933/53 asb) en op jou knieë en as jy dit vind, sal dit jou beslis vrymaak.

Kom ek vertel jul ‘n geheim:

Die Christendom is so ver van die Weg wat al in Paulus se tyd ‘n sekte genoem word …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.