Boek: ‘Coucou, Lulu’ – Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

Drome word waar in die laaste boek in hierdie gewilde meisiereeks.

Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: Sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer.

Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry – maar dan loop iets groots verkeerd: Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en kom nooit in Parys aan nie!

Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ʼn plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ʼn suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?

Oor die skrywer

Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon. Viljoen het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies en is ook met die MER-prys bekroon. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie en hy is in 2019 as die wenner aangewys vir Offers vir die vlieë.

Coucou, Lulu is deur Elsbeth Eksteen geïllustreer. Eksteen is voorheen met ʼn ATKV-Woordveertjie vir haar illustrasies bekroon.

Prys: 165,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.