Boek: Ctrl Z my lewe

CNTR-Z-FINdeur Cherene Pienaar

‘n Oorspronklike spanningsverhaal met ‘n Christelike ondertoon.

Lucky (oftewel Carla van der Veen) het pas matriek klaargemaak. Haar missie die afgelope twee jaar was om na haar sussie om te sien terwyl haar ma haar drankprobleem probeer uitsorteer. Noudat die huis se geldsake weer klop en haar ma weer OK is, weet Lucky skielik nie wat volgende nie. ‘n Antwoord kom in die vorm van ‘n Whatsapp-boodskap van haar vervreemde pa wat haar na Barcelona nooi …

In Barcelona stoei Lucky met allerhande gemengde gevoelens oor die stad en haar pa. Sy leer vele lewenslesse oor die mens om haar, en oor haarself.  Sy ontdek ook in die reis wat werklike Vaderskap beteken.

Oor die outeur:
Cherene Pienaar is ‘n skrywer en teksversorger met wye media-ervaring. Sy het onder meer by Die Burger gewerk en is tans skrywer by Media24 se jongste e-handelwebtuiste, spree.co.za. Sy het verskeie artikels gepubliseer, maar hierdie is haar eerste vollengte roman. Sy het haar MPhil in Vertaling in 2012 behaal. Hierdie is haar debuutwerk.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R145-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.