Boek: Cul-de-sac

Elsa Joubert

Hierdie boek fokus op die skrywer se latere jare, in ʼn aftreeoord in Kaapstad, maar haar belewenis word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan verder terug, alles geteken in besondere detail en woordvaardigheid.

Selde, indien ooit, is daar al só eerlik, met so ʼn totale afwesigheid van sentimentaliteit geskryf oor die oudwordproses. Daar is ook altyd deernis en humor, en hierdie is ʼn boek wat geen leser onaangeraak sal laat nie.

Oor die outeur

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ʼn BA-graad (1942) en ʼn Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ʼn meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ʼn besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ʼn  Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R310,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Annatjie ·

Is dit dieselfde boek as Spertyd? Die opsomming klink presies dieselfde?

Sarah ·

Sien uit – ek geniet haar boeke verskriklik baie. Annatjie, nee, ek dink dit is nog een wat daarop volg :)

Charles ·

Is die die vrou wat meen sy praat Afrikaans maar sy is nie ‘n Afrikaner nie?
Het nog nooit en sal nooit een van haar boeke koop of lees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.