Boek: Dagboek van ’n wimp (In die hondehok)

Jeff Kinney - Dagboek van n wimp- in die hondehok HR

Jeff Kinney

Dit is vakansietyd: die weer is heerlik en almal geniet hulle gate uit buite. So, waar is Greg Heffley? Binne-in die huis besig om videospeletjies te speel met die gordyne toe.

Greg, ’n selferkende “binnenshuise persoon”, ervaar sy heerlikste vakansiefantasie: geen verantwoordelikhede en geen reëls. Maar Greg se ma se idee van ’n perfekte vakansie is nie dieselfde nie. Sy glo aan buitemuurse pret en “gesinstyd”. Wie se idee gaan wen? Of sal ’n nuwe toevoeging tot die Heffley-gesin alles verander?

Dit is ‘n storie van ‘n gewone ou met swakhede en vrese waarmee elke kind kan identifiseer.

*Dagboek van ’n wimp is ’n internasionale topverkoper. Die vorige twee Afrikaanse vertalings van Wimp-boeke was baie gewild.

Oor die outeur:
Jeff Kinney is ’n aanlyn-speletjiesontwikkelaar en -ontwerper, en ’n nommer 1 New York Times-topverkoper-outeur. In 2009 het Time-tydskrif hom benoem as een van die 100 invloedrykste mense in die wêreld. Hy het sy kinderdae in Washington D.C. deurgebring en in 1995 na New England verhuis. Jeff woon saam met sy vrou en twee
seuns in die suide van Massachusetts.

Uitgewer: Penguin Books
Prys: F115-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.