Boek:  Dagstukkies vir klein hartjies

Dagstukkies-vir-klien-hartjies.jpgWendy Maartens

Wendy Maartens bied vir ouers die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer hulle hul kinders wil leer om stil te word by God.

Die 50 stukkies in Dagstukkies vir klein hartjies begin elk met ’n kort oordenking en ’n Bybelvers om te onthou. Daarna word die kind se geloofsgroei verder gestimuleer deur iets om oor te dink, ’n gebedjie en iets om te gaan doen. So leer hulle sommer vroeg dat jy dit wat jy in die Bybel leer elke dag deel van jou lewe moet maak.

Dagstukkies vir klein hartjies sal kleintjies leer om hul liggies vir Jesus te laat skyn, hoe spesiaal hulle vir God is, om dankie te sê en selfs hoe belangrik dit is om te wag tot God ja sê.

Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ’n prettige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

Die kleurvolle boek sal kinders leer om elke dag stil te word by God en nader aan hul Skepper te groei.

Oor die outeur en illustreerders

Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en bekroonde kinderboekskrywer met 14 titels agter haar naam waarvan sommige in inheemse tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetesville, La Colline en Kayamandi op Stellenbosch het haar voorberei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het … om haar brood met woorde te verdien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandighede help om hulself te bemagtig.

Natalie en Tamsin Hinrichsen woon in Kaapstad en werk vanuit hulle tuis-ateljee. Hulle het al verskeie kinderboeke saam geïllustreer nadat beide in 1995 aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie afgestudeer het met grafiese ontwerp en illustrasie as hoofvakke. Hulle hou van ’n klassieke storieboek-styl en gebruik gouache en akrielverf.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R149,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.