Boek: Daniël Lötter se ‘Dwars – rare karakters onder ons’

Daniël Lötter

Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestanders, randeiers… Noem hulle wat jy wil, maar Suid-Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer. Dit is karakters wat mense toentertyd na hul asem laat snak of verstom agter hul hand laat fluister het.

In Dwars – rare karakters onder ons wil die skrywer Daniël Lötter dié einste karakters aan ʼn nuwe generasie weetgierige lesers bekendstel. Die boek word aanbeveel vir lesers wat van kontreistories, volkslegendes en -verhale en staaltjies oor eksentrieke karakters hou.

Oor die skrywer

Lötter is ʼn boorling van die Bo-Karoo waar hy van kleins af die kuns van stories vertel by meesters op dié gebied geleer het. Hy het ʼn makabere belangstelling in misdaad, veral moord, maar ook spoke en ander eienaardige karakters en verskynsels. Sy debuutkortverhaalbundel, Die grootpad is ʼn grondpad, het in 2020 by Protea Boekhuis verskyn. Daarna het 17 maal moord (2020), Ware spookverhale van Suid-Afrika (2021) en 14 maal moord (2022), wat ook deur Protea Boekhuis uitgegee is, gevolg.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R320,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.