Boek: Daniël – ’n Bybelstudie

Daniel_n-Bybelstudie.jpgBrian Fisher, Matt Morton en Blake Jennings

Daniël het God se krag soos min mense in die geskiedenis ervaar. Sy storie – een van genoeg durf en moed om leeus te trotseer – openbaar wat dit beteken om ’n man van God te wees.

In Daniël – ’n Bybelstudie ontdek die leser in 8 studies hoe om waarlik uit te troon as iemand wat sonder huiwering of kompromis sy of haar geloof uitleef. Daniël se verhaal wys lesers hoe hulle hul integriteit kan behou en geestelike veldslae kan wen.

Gelowiges sal in dié Bybelstudie ontdek hoe God doodgewone mense, soos Daniël en sy vriende, tot reuse vir sy koninkryk verander.

Daniël – ’n Bybelstudie bevat Bybelteks vir maklike naslaan, besprekingsvrae vir individue of kleingroepe, asook ’n leiersgids.

Oor die outeurs:

Brian Fisher is die senior leraar by Grace Bible Church. Dit is ’n multikampuskerk wat meer as 4000 mense bedien. Hy het ’n meestersgraad en ’n doktoraat van die Dallas Theological Seminary. 

Matt Morton is die studenteleraar by Grace Bible Church se Anderson-kampus. Matt het aan die Dallas Theological Seminary en Texas A&M University studeer.

Blake Jennings is leraar by die Grace Bible Church se Southwood-kampus. Hy het aan die Dallas Theological Seminary en Texas A&M University studeer.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R99,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

TTh ·

Eintlik gaan dit oor Daniel se oorlewering van profesie en veral die 6 gebeure wat Gabriel aan hom oorgedra het. Daniel was nie net n gewone ou nie. Alles in sy lewe is so deur God beplan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.