Boek: Dankie Generaal: Op die spoor van ‘n oorlogspeurder

Deur Nico Moolman

Hierdie pragtige kleurboek bevat meer as 100 seldsame foto’s uit die Anglo-Boereoorlog waarop Nico die afgelope paar jaar in sy ‘speurtogte’ as leke-historikus afgekom het. Dit sluit in etlike glasnegatiewe uit die oorlog waarvoor hy ’n spesiale skandeerder moes laat maak het om dit te digitaliseer.

Die foto’s bied ’n baie intieme blik op Boerekrygers en Britse soldate te velde en in hul kampe en bevat wonderlike detail oor praktiese werklikhede van die oorlog. Tussendeur die foto’s vertel Nico die verhale van sy ontdekkingstogte oor die jare. Van die dagboek van ‘n Boerekrygsgevangene wat op die vullishoop van die DBV gevind is tot die oorlogslagveld wat hy herontdek het.

Oor die outeur:
Nico Moolman is ‘n gewilde outeur en versamelaar van enigiets wat met die Anglo-Boereoorlog verband hou. Hy is ook die outeur van The Boer Whore wat deur Francois Smith verwerk is as die topverkoper Kamphoer.

Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Prys: R310-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.