Boek: Dankie

Lance-James-DankieLance James
Saamgestel deur Francois van Oudtshoorn

Lance James se naam is sinoniem met Springbok Radio. Of hy nou kontinuïteit gedoen het, Munt uit Musiek na hy die eenuurnuus aangebied het, sy Keep it Country op Sondae, by die Sarie’s betrokke was, compère en gasheer gespeel het by musiekgebeure of ander vermaaklikheidsprogramme aangebied het, almal ken sy naam. Veral met daardie kenmerkende weglê cowboy-hoed, die oë wat wys dat hy al op ’n jong ouderdom ’n ver pad geloop het, en die skaam halfmas-glimlag wat op so baie foto’s voorgekom het word hy nou opnuut vereer.

In hierdie boek word probeer om nie net sy loopbaan na te spoor nie, maar om die mens Lance James aan lesers en bewonderaars bekend te stel. Dit was geen maklike taak nie, want Lance praat nie graag of maklik oor homself nie. Tog het hy uiteindelik verskeie anekdotes, staaltjies en inligting gegee wat nie net ’n nuwe lig op sy loopbaan gooi nie, maar hom ook opnuut in mense se harte laat inkruip. En daar wag ook verskeie verrassings op mense wat hom vandag nog onthou asof hy gister nog uitgesaai het.

Des te meer tragies dat Springbok Radio uiteindelik gesneuwel het en dekades se luister-met-lus-plesier geëindig het. Maar nie Lance James se nalatenskap of bydrae tot die stasie nie. Dit is waaroor hierdie boek gaan.

Dit is vir almal wat van sy vertonings bygewoon het, wat sy uitstekende middaguur-aanbiedings of onderhoude onthou en vir wie daardie goue stem mooi herinneringe inhou. Dit bring hulde aan een van Suid-Afrika se ikone wat hiermee vir die eerste keer ’n blik gee op wat hom laat tiek. En waarom sy naam vir altyd in die vermaaklikheidsanale van die land sal bly voortbestaan.

Uitgewer: Books Direct
Prys: R189,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter Loftus ·

Jy kannie die boek misloop nie! Dis lekkerlees aan ryk ervarings.

GES ·

Lance James sal wat my betref altyd bekend staan as die heer van country musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.