Boek: Dawie de Villiers – My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

Dawie De VilliersChris Schoeman

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Oor die outeur

Chris Schoeman is in Somerset-Oos gebore en het sy meestersgraad in geskiedenis verwerf aan die Universiteite van Port Elizabeth en Colorado in die VSA. Hy het as historikus en joernalis gewerk, en was ook mede-outeur op verskeie boeke, insluitend District Six: The Spirit of Kanala, Boer Boy: Memoirs of an Anglo-Boer War Youth, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Churchill’s South Africa en The Historical Karoo.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R300,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
chiisto

Was mos ook een van die manne wat FW ondersteun het

jaco

sodra iets skeef loop, kritiseer almal vir FW de Klerk en sy nasionale party trawante wat so alles “oorgegee” het aan die ANC. maar niemand dink aan die “verraad” van die konserwatiewe party en hulle leiers Andries Treurnicht en Ferdi Harzenberg nie. Hierdie party het in 1990, toe onderhandelinge met die ANC begin het, geweier om deel te wees van Kodesa en die latere veelparty onderhandelinge. hulle het eers na 3 jaar deel van dit geword, en toe was dit ook al te laat. toe almal al geweet het die eerste verkiesing vir almal in SA gaan op 27 april… Lees meer »

Peet J

Stem saam ek wil van hulle, de Klerk en sy helpers, niks weet nie net ‘n klomp moeilikheidmakers vir die Afrikaners.

Peet J

Ek wil net noem dat die Akkoord wat deur die regering goedgekeur en onderteken was vir die Afrikaner se eie grondgebied, Generaal Viljoen was leier van die VF+ op daardie stadium was vir een of ander rede onder die mat ingevee. Die huidige VFplus (dr. Mulder) behoord bewus te wees van die omstandighede rondom die ooreenkoms ,wat tans nog van krag is, maar nooit gerealiseer het nie.

jaco

Een voorwaarde van die akkoord tussen generaal Viljoen en die ANC was dat die Vryheidsfront darem 1 miljoen (omtrent 5%) van die stemme in 1994 se verkiesing moes kry. Met amper 1 miljoen nee-stemme in 1994, was, só ‘n 5% heeltemal haalbaar. Maar toe ontmoedig Ferdi Hartzenberg konserwatiewe Afrikaners om in die 1994-verkiesing te stem.
So, voor almal op die “bandwagon” spring vanwaar net “FW en Roelf” en al die ja-stemmers van “verraad” en “oorgee” en uitverkoop” beskuldig word, kan ook maar ‘n paar vingers na baie konserwatiewe Afrikaners en hul leiers gewys word.