Boek: Dawie de Villiers – My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

Dawie De VilliersChris Schoeman

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Oor die outeur

Chris Schoeman is in Somerset-Oos gebore en het sy meestersgraad in geskiedenis verwerf aan die Universiteite van Port Elizabeth en Colorado in die VSA. Hy het as historikus en joernalis gewerk, en was ook mede-outeur op verskeie boeke, insluitend District Six: The Spirit of Kanala, Boer Boy: Memoirs of an Anglo-Boer War Youth, Brothers in Arms: Hollanders in the Anglo-Boer War, Angels of Mercy: Foreign Women in the Anglo-Boer War, Churchill’s South Africa en The Historical Karoo.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R300,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jaco ·

sodra iets skeef loop, kritiseer almal vir FW de Klerk en sy nasionale party trawante wat so alles “oorgegee” het aan die ANC. maar niemand dink aan die “verraad” van die konserwatiewe party en hulle leiers Andries Treurnicht en Ferdi Harzenberg nie. Hierdie party het in 1990, toe onderhandelinge met die ANC begin het, geweier om deel te wees van Kodesa en die latere veelparty onderhandelinge. hulle het eers na 3 jaar deel van dit geword, en toe was dit ook al te laat.
toe almal al geweet het die eerste verkiesing vir almal in SA gaan op 27 april wees. het Ferdi Harzenberg van die konserwatiewe party gese hulle gaan nie deelneem nie. Amper 1 miljoen nee stemme is toe meer as gehalfeer na 425 000 vir die Vryheidsfront. 1 miljoen stemme sou dié party 1 kabinetspos gegee het. So blameer daar vir Hartzenberg EN blameer ook konserwatiewe “regse” Afrikaners wat soos die Vryheidsfront oor die politiek dink, maar eenvoudig nie stem in verkiesings nie. 425 000 stemme in 1994 is af na 160 000 in 2014. Ek weier om te glo dat dié steeds dalende tendens gekom het omdat almal eerder DA stem of nou in Australië woon of dood is.
So as beskuldigings van “verraad” rondgegooi word, kan ons sommer ook vorige “regse” leiers ook beskuldig, asook 600 000 of meer van ons eie mense wat apaties is.
amper 1 miljoen nee stemme in 1992 is o

Peet J ·

Stem saam ek wil van hulle, de Klerk en sy helpers, niks weet nie net ‘n klomp moeilikheidmakers vir die Afrikaners.

Peet J ·

Ek wil net noem dat die Akkoord wat deur die regering goedgekeur en onderteken was vir die Afrikaner se eie grondgebied, Generaal Viljoen was leier van die VF+ op daardie stadium was vir een of ander rede onder die mat ingevee. Die huidige VFplus (dr. Mulder) behoord bewus te wees van die omstandighede rondom die ooreenkoms ,wat tans nog van krag is, maar nooit gerealiseer het nie.

jaco ·

Een voorwaarde van die akkoord tussen generaal Viljoen en die ANC was dat die Vryheidsfront darem 1 miljoen (omtrent 5%) van die stemme in 1994 se verkiesing moes kry. Met amper 1 miljoen nee-stemme in 1994, was, só ‘n 5% heeltemal haalbaar. Maar toe ontmoedig Ferdi Hartzenberg konserwatiewe Afrikaners om in die 1994-verkiesing te stem.
So, voor almal op die “bandwagon” spring vanwaar net “FW en Roelf” en al die ja-stemmers van “verraad” en “oorgee” en uitverkoop” beskuldig word, kan ook maar ‘n paar vingers na baie konserwatiewe Afrikaners en hul leiers gewys word.

CG ·

Jaco. Waar kan mens meer oor die akkoord te lese kry? Ek sal baie graag meer wil weer oor wat jy hier skryf.

Rupert Ashford ·

Dankie Jaco. Dit is tyd dat ons 100% eerlik begin raak as ons dan die verlede aanhoudend wil opgrawe.

Rynhardt ·

Dawie de Villiers moenie vergeet om n hele hoofstuk af te staan hoe julle die blankes opsetlik by Kodesa uitverkoop het nie.Selfs Cyril Ramaphosa het gereeld gevra dat die vergadering verdaag sodat hy en mende kamerade kon skater van die lag.Dit was so maklik gemaak vir die Anc.Ek het in 2015/2016 vir Maroela uitgespel dat die uitgeslape KP saam met die NP sy rol goed gespeel het,maar talle blankes kan nog steeds nie sien hoe hul gespeel was nie.Dawie kan sommer ook n hoofstuk in sy nuwe boek afstaan oor die tweede NP oftewel KP!??????????????

Koos1 ·

Ja Nee. Ons ou volk is mos bitter goed om die geskiedenis (feite) te draai soos dit ons pas. Ons het apartheid verdedig, selfs met die Bybel en van preekstoele af, maar wil nie die feite in die oë kyk nie. Die mos baie maklik om te blameer en om braaivleisvure te beskinder en beswadder, maar as dit kom by aksies, staan ons mos altyd terug, vir iemand anders om te doen of leiding te neem.
Jaco, ek wil ook graag meet weet van die ooreekoms. Waar gaan ek dit kan navors? (Al weet ek die ooreekoms sal NOOIT deur die huidige regering erken en gehuldig word nie.)

adriana ·

Net nog ‘n “sogenaamde belankrike” mens wat gedoen het wat sy eie sak pas en verkeerde vriende soos de klerk en kie gehad het.
Jy word aan jou vriende geken.

Chris ·

Hou maar verby – ek het geen respek vir hierdie man nie.
Sy lewensreis skeel my min.

Sarel Strydom ·

As Christen en sondaar mens met baie foute is ek absoluut geskok oor die tipe kommentaar wat deesdae gepubliseer words. Geen wonder dit gaan so met my mense in SA nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.