Boek: De Jagers in die Dorsland

Nicol Stassen

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ʼn kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer.

ʼn Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ʼn omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

Oor die outeur

Nicol Stassen doen al vir meer as 15 jaar navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ʼn BA-graad in Tale (Afrikaans, Duits en Russies), ʼn meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ʼn doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R395,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ampie ·

Dankie Nicol. Sien uit na boek. Puik werk wat jy by Protea doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.