deur John Woodward
Wat gebeur in ʼn vulkaan wanneer dit bars? Kan enigiets op die bodem van die oseaan leef? En wat is die wêreld se grootste stad? Hierdie kinder-ensiklopedie ondersoek elke aspek van ons wêreld, van die Aarde se kern tot die buitenste ruim, van die Noord- tot die Suidpool. Bekyk skrikwekkende aardbewings, kosbare edelstene en storms wat geboue kan vernietig. Leer hoe die weer werk, wat die seisoene veroorsaak, en kyk hoe die krag en water die landskap kam vorm. Verken alle lewe op aarde, en lande en kulture van oor die wêreld heen. Propvol feite, kaarte, verduidelikings, illustrasies en foto’s – hierdie ensiklopedie is die allerbeste gids tot ons planeet wat jy kan kry.
Oor die outeur:
John Woodward het al ʼn verskeidenheid kinderboeke vir die uitgewer Dorling Kindersley geskep.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R320-00*
*prys onderhewig aan verandering
Ek wil graag weet wat die skrywer van, en sy boek “Die Aarde – ‘n Ensiklopedie vir Kinders” se standpunt is oor die ontstaan en ouderdom van die planeet is?