Boek: Die Afloerder

Anel Heydenrych

Anje Bruwer is ʼn verslaggewer wat die gevaarlike strate van Johannesburg verruil vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.

Maar die platteland is allermins rustig. Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz, ’n man wie se skuldgevoelens hom ry, kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.

Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?

Die afloerder is ’n sielkundige riller wat so koud en donker is as kan kom.

Oor die skrywer

Anel Heydenrych het as televisie- en radiojoernalis op RSG bekend geword. Sy het ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Heydenrych woon en werk tans in Colesberg.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R260,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.