Boek: Die Afrikaners

Die Afrikaners (2018-uitgawe)
Hermann Giliomee

Hermann Giliomee, top-historikus, is die aanbieder van die 26-episode kykNET-reeks Die Afrikaners in beeld, in samehang waarmee dié boek gepubliseer word.

Hy het talle toekennings ontvang vir die oorspronklike boek waarop die reeks gebaseer is, die topverkoper The Afrikaners, en word gesien as die wêreldkenner van dié onderwerp. Die Afrikaners in beeld bied die kern van die langer akademiese werk in leesbare Afrikaans aan vir ‘n moderne leserskap.

Talle omstrede aspekte van Suid-Afrika se verlede en die rol daarin van die groep mense wat mettertyd na hulself as “Afrikaners” sou verwys word in kleur en geur in storievorm vertel, sodat lesers met ‘n vars, soms uitdagende perspektief op ons verlede gelaat word.

Oor die outeur:
Hermann Giliomee word internasionaal erken as voorste historikus van die Afrikaners. Hy het die prestigeryke Jan H Marais-prys verower, en The Economist het The Afrikaners uitgesonder as die beste geskiedenis van Suid-Afrika wat nog geskryf is. Sy boeke sluit in Die Afrikaners en Die laaste Afrikanerleiers, langdurige topverkopers.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R290-00
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.