[Boek] Die alchemis

Die-alchemisPaulo Coelho

Hierdie verhaal, skitterend in sy eenvoud, gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is. Langs die pad ontmoet hy ’n sigeunerin, ’n man wat homself ’n koning noem, en ’n alchemis.

Hulle almal help Santiago om tydens sy soektog op koers te bly. Niemand weet wat die skat is en of Santiago die struikelblokke langs die pad sal oorkom nie. Maar wat begin as ’n reis op soek na wêreldse goed, verander in ’n ontdekking van die skat binne-in ’n mens self.

Santiago se verhaal is ryk, inspirerend en eg menslik; dis ’n universele ode aan hoe ons drome ons kan transformeer en hoe belangrik dit is om na ons harte te luister.

Oor die outeur

Paulo Coelho is in 1947 in Rio de Janeiro gebore. Hy is ’n topverkoper en een van die wêreld se mees invloedryke skrywers. Meer as 135 miljoen eksemplare van sy romans is al in meer as 168 lande verkoop en sy werk is in 73 tale vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lientjie ·

Dis ‘n uitstekende boek en die moeite werd om aan te koop – net soos vele van sy ander boeke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.