Boek: Die antie met die pienk rok en ander stories

Daar is min mense wat ’n storie soos Jan Spies kan vertel. Die antie met die pienk rok en ander stories is ’n keur uit sy humoristiese vertellings in Pilatus tot molshoop, Poort deur die koue, Profeet met kondensmelk en Pille vir servette. 

Maak opnuut kennis met onvergeetlike karakters soos Maans Maanse, sersant Jônie Louw en pater Hoeflies wat ietsie neem vir die koue in ’n poort naby Kenhardt, Orrelkosie wat ’n halwe dag neem om te verduidelik hoe om ’n pil in ’n hoender se keel af te kry, Hábakuk en sy blik kondensmelk, asook die leerlingverpleegstertjie wat ’n plan bedink om die oumense se valstande skoon te maak.

Die antie met die pienk rok en ander stories sluit onder meer die volgende gunstelinge in: “’n Poort deur die koue”, “Die dinges is ’n watsem”, “Waaksaam op die vlug”, “Maans Maanse en die muil”, “’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke”, “Hábakuk met ’n blik kondensmelk”, “’n Bek vol tanne”, “Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus”, “Moeilike medisyne” en “’n Deeglike probleem”.

Oor die skrywer

Spies was ’n legendariese storieverteller en skrywer. Hy het in Namibië geboer en was ook die stigtersredakteur van die Namibiese koerant Die Republikein. Hy was saam met PG du Plessis ’n aanbieder van die gewilde televisieprogram Spies en Plessie – met permissie.

Genre: Kortverhaalbundel
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R230,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.