[Boek] Die apies se dieretrein

Rosamund Haden
Tony Pinchuck (illustreerder)

Olifant ontvang ‘n uitnodiging na die apies se partytjie by Kokosneutbaai en klim dadelik in sy stoomenjin vir ‘n avontuurlike reis oor die hele Afrika-kontinent! By elke stasie klim nog meer diere op die trein. Hulle speel, stry en vertel stories op die langpad… Die rymende teks en asemrowende, kleurvolle illustrasies wat die wilde diere van Afrika in fantasmagoriese glorie uitbeeld, gaan kinders vasgenael hou. Perfek vir voorlees.

Die lewendige teks en kleurryke illustrasies gee lewe aan Afrika se diereryk soos nog nooit tevore nie! Dit is ʼn besonderse geskenk vir volwassenes wat hou van dierelewe, grafiese kuns en reise na afgeleë plekke, en ‘n prettige “soek-en-vind”-boek vir jong lesertjies: soek die diere wat in die bont en besige illustrasies wegkruip.
Blaai gerus deur die boek

Oor die outeur:
Ros Haden is mees bekend vir haar roman The Tin Church. Sy is ook die skrywer van kortverhale, kinderboeke, tienerromans, en draaiboeke vir televisie, o.m. My Name is Honore, Time Twisters, en Love Tastes Like Strawberries. Sy is die mede-stigter en uitgewer by Cover2CoverBooks en inhoudsontwikkelaar by die FunDza Geletterdheidstrust.

Tony Pinchuck is ‘n ontwerper en kunstenaar van Kaapstad. Hy het vir bykans 20 jaar in Londen gewoon en gewerk as skrywer en kunstenaar terwyl hy argitektuur studeer het. Sy illustrasies is te sien in werke van Michael Rosen en hy het die dokumentêre strokiesboeke Mandela for Beginners en Medicine for Beginners geskryf en geïllustreer.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R190-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.