Boek: Die avonture van Audrey Amaka 1, 2 en 3

Dapper_kameelperdjie.jpgDie dapper kameelperdjie 1

Mnr. en mev. Amaka het groot drome gehad vir hulle babatjie wat op pad was. Maar toe klein Audrey sonder ’n nek gebore word, verander hulle droom in ’n nagmerrie. ’n Kameelperd sonder ’n nek? Hoe kan dit wees?

Audrey se maatjies Nelson en Doudie help die klein kameelperdjie om te ontdek dat dit nie saak maak hoe lank jou nek is of hoe jy lyk nie; dit maak saak hoe jou hartjie lyk.

Kom saam met Audrey en haar blink blou hoëhakskoene op hierdie fantastiese avontuur in Die dapper kameelperdjie, die eerste boek in Die avonture van Audrey Amaka-reeks. Die boekie sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die storie asook versteekte elemente om in die boek te soek.

kameelperdjie_boek1.jpgDie nuuskierige kameelperdjie 2

Reuse watervalle, kreatiewe heuningbye, asemrowende avonture en nog meer! Audrey Amaka het daarvan gedroom om Wonderwêreld-land toe te gaan. Maar toe haar droom waar word, moet Audrey en haar maatjies ’n belangrike besluit neem.

Trek jou stapskoene (of blink blou hoëhakskoene) aan en kom saam met Audrey terwyl sy leer hoe belangrik dit is om gehoorsaam en verantwoordelik te wees. Die nuuskierige kameelperdjie is die tweede boek in die skatlike

Die avonture van Audrey Amaka-reeks, en sal vyf- tot agtjariges in vervoering hê. Die boekie sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die storie asook versteekte elemente om in die boek te soek.

Kameelperdie_les_boek.jpgKameelperdjie leer ’n les 3

Wanneer Audrey Amaka se niggie Ornela onverwags kom kuier, is Audrey nie baie gelukkig nie. En wanneer Ornela alles begin na-aap wat Audrey doen, maak dit die lewe vir Audrey baie moeilik.

In Kameelperdjie leer ’n les volg kinders op die blink blou hakke van hierdie skreeusnaakse en oulike karakter. Audrey leer om ’n goeie rolmodel te wees, en Ornela ontdek haar eie Godgegewe talente.

Audrey Amaka hoef nie twee keer genooi te word om vir altyd in kinders se harte in te kruip nie.

Kameelperdjie leer ’n les is die derde boek in Die avonture van Audrey Amaka-reeks. Die boekie sluit ook af met interessante diere-feite wat aansluit by die storie asook versteekte elemente om in die boek te soek.

Oor die outeur:

Brent Vernon is ’n musikant en buikspreker. Hy skryf en illustreer ook kinderboeke en is al amper twee dekades in die musiek- en poppekas-industrie. Met 130 tot 140 optredes per jaar het Brent die wonderlike vermoë ontwikkel om kinders van enige ouderdomsgroep se verbeelding aan te gryp. Brent gryp elke geleentheid met passie aan, en laat sy boodskappe lewe deur musiek en stories.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R49,95* elk
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Net die oulike illustrasies wil my al klaar die boeke laat koop! En dat die kinders nog ietsie byleer uit die natuur aan die einde van elke boekie maak dit nog meer iets om te koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.