Boek: Die avonture van Kuifie – Verkenners op die maan

Hergé

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ʼn bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ʼn vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ʼn hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.

Oor die outeur

Die Belgiese skrywer en illustreerder Georges Prosper Remi oftewel Hergé (1907–1983) staan bekend as die vader van die moderne strokiesprent. Vir sy latere werke doen hy uitgebreide navorsing om die verhale so outentiek moontlik te maak.

Oor die vertaler

Sonya van Schalkwyk-Barrois woon in Parys, Frankryk. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gestudeer en beskik oor ʼn Magistergraad in Frans. Sy is ook die vertaler van die Asterix-boeke, wat ook deur Protea gepubliseer word.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

???? leser ·

die kinders van vandag weet glad nie wie is kuifie of tin-tin soos wat ons beleef het in die ou (goeie) dae

Saartjie ·

Dis darem ‘n wilde veralgemening, ????leser. Die boeke is steeds in druk en word deur kinders van sowel my familie én vriende oor en oor gelees en bespreek. Gee gerus Tintin-, Kuifie- en Asterix-boeke as geskenk met verjaardae en Kersfees … hulle sal verslind word!

Lord Oom Piet ·

Onthou ek verkeerd dat al die Kuifie- boeke reeds in Afrikaans vertaal was? Ek’t dit as kind in die 1970s gelees. Waarom n nuwe Afrikaanse vertaling?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.