Boek: Die Beste Suid-Afrikaanse Spookstories

Boekrak - Beste Suid Afrikaanse Spookstoriesdeur Wendy Maartens

Maak kennis met ’n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika!

Die spookmeisie van Uniondale wat sommige nagte langs die pad staan en duimgooi…

Die beeldskone maar hoogmoedige Eliza wie se gehuil glo nog steeds op maanligaande deur die klowe van die Hexriviervallei weerklink …

Die Wandelende Jood wat glo snags op die pad tussen Beaufort-Wes en Prins Albert ronddwaal en motoriste die skrik op die lyf jaag …

Die spookhond van Aliwal-Noord wat plaasbewoners koue rillings gee ..

En die onverskrokke seekaptein Hendrik van der Decken, wat steeds aan boord van die Vlieënde Hollander oor die oseane swerf …

Of jy in spoke glo of nie, die 18 verhale wat Wendy Maartens in hierdie bundel oorvertel, sal jou heerlike hoendervleis gee!

Oor die outeur:
Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Sy put vreugde uit die klein dinge in die lewe en is ontsettend dankbaar vir haar vriende en familie. Haar werk sluit in Lena se bottelboom, ’n Ster met strepe, Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, My eerste atlas: ’n wêreld-atlas vol asemrowende feite en Wonderlike ware dierestories.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R109.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.