Boek: Die beste toebroodjie

Jaco Jacobs

Markus word in die middel van die nag wakker en is baie lus vir ʼn lekker toebroodjie.

In die kombuis ontmoet hy ʼn ysbeer en drie pikkewyne wat hom wil help. Hulle gaan saam die beste, briljantste, bobaas-toebroodjie ooit maak.

Dit klink goed, nie waar nie? Wel, dit is, maar daar is ʼn klein probleempie: Markus dink nie vissmeer en konfyt hoort saam op een broodjie nie! Sy helpers sien egter geen probleem daarmee nie!

Die beste toebroodjie, een van Jaco Jacobs se ou gunstelinge, word opnuut, watertandlekker met vars bestanddele voorgesit om die jongspan te laat gril van plesier.

Oor die outeur

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke, die stapel is al amper soos hoog soos die beste toebroodjie wat nog ooit gemaak is. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang. Die luislang dink ’n mens kan pikkewyne ook op ’n toebroodjie sit, maar Jaco stem nie saam nie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LBS ·

Ja, dit is lekker as jou boeke keer op keer kan verskyn, want jy het reeds naam gemaak. Maar hoe gemaak met ‘n skrywer wat sukkel om die eerste boekie gepubliseer te kry?
Dit is genoeg om die beste onder die bestes te laat opgee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.