Boek: Die boomhuis met 13 vloere

Andy Griffiths

Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het ʼn geheime ondergrondse laboratorium, ʼn reusetenk vol haaie en ʼn malvalekker-masjien wat oral agter mens aanrol en malvalekkers in jou mond in skiet net wanneer jy honger is!

Pasop net vir die see-apies, en dié wat voorgee om see-apies te wees, en die reuse-meermin-seemonster …! En tussendeur al hierdie pret, moet die twee vriende ʼn boek skryf, en die sperdatum is môre!

Oor die outeur

Andy Griffiths is een van Australië se mees bekende kinderboekouteurs. Saam met sy vriend die illustreerder, Terry Denton het hulle talle suksesvolle reekse geskryf. Die veelbekroonde Boomhuis reeks is al in meer as dertig lande gepubliseer. Andy se boeke het die New York Times beste verkoperslys gehaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R170,00
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.