[Boek] Die boosaardige broers Botha

Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels – manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar’s iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy’s glads te maer en skraal van al die vars vrugte en groente wat hy eet.

Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit ‘n dier sal skiet, is met ‘n kamera.

Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. In die dorpsbiblioteek doen hy ure lank navorsing en so begin sy wraakplanne vorm aanneem … Maar skaars is sy probleme by die huis iets van die verlede, of die boelies by die skool raak vir hom een te veel. Wie is daar beter as drie boosaardige broers aan jou kant?

Die boosaardige broers Botha is ʼn tong-in-die-kies verhaal wat ons Afrikaanse stereotipes opstuur op uiters vermaaklike wyse. Dit is ‘n wonderlike voorleesboek vir jonger kinders, terwyl die ouer selflesers die verskillende vlakke van humor selfs meer sal geniet.

Die boek daag lesers uit om nuut te kyk na mense om hulle: Ons kan baie leer by mense wat anders as ons is.

Oor die outeur:
Adeline Radloff het in haar jeugjare deur meer as 25 lande gereis. Sy het ‘n regsgraad en ‘n MA in Engelse letterkunde verwerf. Sy is bekroon met twee Sanlam-pryse vir Jeuglektuur vir haar jeugboeke Sidekick en Chain Reaction. In 2012 verskyn Een Stad, Drie Rooikoppe, Sewe Dae, wat sy saam met haar suster Lili geskryf het. Sy woon in Kaapstad.

Oor die illustreerder:
Alex van Houwelingen is ‘n vryskutillustreerder van Pretoria. Op laerskool het hy prente van sokkerspelers vir maats geteken. In sy hoërskooljare het hy begin kunsklasse gee vir jonger kinders. Hy verwerf in 2006 ʼn graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria. Sedertdien illustreer hy vryskut en skryf ook graag vir kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

V ·

‘n Mens wil tog nie daardie een wees wat die heeltyd ‘n eiertjie te lê het oor alles nie, veral nie oor ‘n kinderboek nie… Met Max du Preez se verwysing na Afrikaner boelies is dit dalk ‘n onvermydelik… Wil ‘n mens werklik die derde generasie na ’94 stereotipeer en isoleer? Ek hoop die Botha broers se ma word darem hoog op die prys gestel om Bulelani beter as sy broers op te voed? En ek hoop die boosaardigheid Botha broers se boosheid verlaat hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.