Boek: ‘Die Bullebakke – Episode 7’

Aaron Blabey

Die Bullebakke het die ruimtewesens ontkom deur een of ander knoppie – OEPS – te druk en in die tyd van die dinosourusse te beland!

Ja, julle het reg gehoor. Die helde word deur dinosourusse gejag… Maar wie moet nou eintlik bang wees vir wie?

Die Bullebakke – Episode 7 is die Afrikaanse weergawe van Aaron Blabey se The Bad Guys: Episode 7: Do-You-Think-He-Sarus? (2018). Dit is deur Kobus Geldenhuys vertaal en die Afrikaanse weergawe het pas by Protea Boekhuis verskyn.

Oor die skrywer

Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ’n hele klomp gewilde kinderboeke, onder meer twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in etlike tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het al ʼn hoop pryse ingepalm, onder meer die Indie Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier Koala-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

Oor die vertaler

Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir MG Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekennings ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasieflieks vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.