Boek: Die bullebakke se ruimteavonture

Aaron Blabey

Daar is slegte nuus én goeie nuus: Die wêreld gaan eindig, maar gelukkig is die Bullebakke hier om dit te keer!

Dit beteken hulle sal net ʼn vuurpyl moet “leen”, dan is daar miskien iets kriewelrigs in die ruimtepakke en mnr. Piranha het moontlik te veel burrito’s geëet. Nou ja, dit kan tog nie so erg wees nie, of hoe?

Die bullebakke – Episode 5, geskryf deur Aaron Blabey en vertaal deur Kobus Geldenhuys, het pas by Protea Boekhuis verskyn. Dit is geskik vir lesers tussen ses en nege jaar.

Oor die skrywer

Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ’n hele klomp populêre kinderboeke, onder meer twee topverkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in etlike tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Blabey het ’n stapel pryse ingeoes, onder meer die Indie Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier Koala-toekennings en hy is die Australiese literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is die vertaler van Die twee torings en Die koning keer terug, en is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir MG Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het.

Prys: R140,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.