Boek: Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling

Die_Bybel.jpgDie Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte vertaling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is.

Die ASV het sy oorsprong uit die Direkte Vertaling soos dit in die Interliniêre Bybel verskyn het, maar is hersien om gemakliker te lees, sonder om van die ver-taalfilosofie van ʼn direkte vertaling af te wyk.

Die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament verskyn parallel langs mekaar sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moontlik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sinskonstruksies, so kenmerkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaam, sata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word.

Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied aan lesers ʼn unieke en verrykende Bybellees-ervaring wat die wese en waarde van beide vertalings duidelik maak.

Oor die redakteurs:

Jan Barkhuizen was dosent by verskeie Suid-Afrikaanse tersiêre instellings. Hy is professor-emeritus aan die Universiteit van Pretoria, Departement Antieke Tale, en sedert 2004 navorsingsprofessor aan die Universiteit van Pretoria.

Francois Tolmie is tans die departementshoof en professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing is veral gerig op die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus.

Hermie van Zyl is professor-emeritus en navorsingsgenoot, Departement Nuwe Testament, die Universiteit van die Vrystaat.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R49,95* (sagteband); R99,95* (luukse leer)
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.