Boek: Die Bybel in fokus: Hoe om gelowig én denkend te lees

Die Bybel is ’n merkwaardige boek en word elke dag deur miljoene mense wêreldwyd gelees. Ná 20 eeue bly die Bybel steeds ’n blitsverkoper met meer uitgawes en vertalings as enige ander boek. Dit is inderdaad ’n klassieke “gunsteling”.

Tóg beteken dit nie dis maklik om die Bybel te lees en te verstaan nie.

Met Die Bybel in fokus: Hoe om gelowig én denkend te lees lei drie kenners jou deur die slaggate en wys jou hoe om die Bybel gelowig – maar tog ook krities – te lees.

Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie verduidelik die struikelblokke wat ons lees van die Bybel kan ondermyn, gee raad en hulpmiddels oor hoe om dié kwessies te verstaan en te oorkom, en bied vastrapplekke van waar ons opnuut God se stem uit die Bybel kan hoor.

Die boek werp lig op moeilike vrae, maar lees maklik en kan as handleiding vir groep- en persoonlike Bybelstudie gebruik word.

Genre: Christelik
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

werner ·

my vraag ons almal weet die sewende dag is van saterdag na sondag verander,meeste of alle dominees en pastore sal saamstem maar niemand verander dit na die regte dag ,ander vraag kyk na ander gelowe katolieke,hindo,moslems selfs sataniste hulle kerke is 24 elke dag oop,die christen kerk kry jy net oop sondae vir 1 of twee ure wonder hoekom……

OW ·

Die Sondag word op die kalenders as die laaste dag van die week gedruk om die 2 dae van die naweek bymekaar te kry.In die Nuwe Testament is daar nie ‘n aanduiding dat die dag moet verskuif sodat ons die Sabbat op ‘n ander dag as die 7 de dag moet hou nie.Wat egter gebeur, is dat die Sabbat en die Sabbatsgebod heeltemal verdwyn uit die lewe van die vroeë Christene.Na Jesus se opstanding verander die situasie drasties sodat daar nooit weer ‘n verwysing is na die onderhouding van die Sabbat deur Christene of na die gebod om dit te doen nie.’n Voorbeeld is Efesiers 4-5.In die briewe van Paulus verwys hy na die 10 gebooie en die 4 de gebod oor die Sabbat kom eenvoudig nooit voor nie.Jesus het op ‘n Sondag opgestaan as die groot verlossingsdag.En juis daarom het Christene die dag gevier en nie gerus nie.Sondag is ‘n dag met heeltemal ‘n ander karakter as die Sabbat.Die Sabbat was ‘n rusdag,Sondag ‘n feesdag.As jy feesvier,rus jy nie,jy juig.
Jy kan by enige Christen Kerk deur die week bid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.