Boek: Die Coolste Ouma Op Aarde

boek_Coolste-ouma-op-aardeDie.jpgMarita van der Vyver en Zinelda McDonald

Ons weet mos almal hoe lyk die oumas in storieboeke.

Hulle het altyd spierwit hare of ’n outydse brilletjie.

Hulle dra lang swart rokke of lelike skoene.

Hulle is altyd in die kombuis of siek in die bed.

Maar my ouma lyk glad nie soos ’n storieboek-ouma nie – en joune?

Ontmoet ’n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver!

Oor die outeur:

Afgesien van haar gewilde boeke vir volwasse lesers, soos Griet skryf ’n sprokie en Die blou van onthou, wat van haar ’n huishoudelike naam gemaak het, is Marita van der Vyver ook ’n bekroonde kinderboekskrywer. Haar jeugroman Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom het die Sanlamprys verower en is verfilm, en sy het ook die Tienie Holloway-medalje en die M.E.R.-prys verower. Marita woon tans op die Franse platteland saam met haar man, Alain, en vier kinders.

Oor die illustreerder:

Zinelda McDonald woon in Pretoria. Sy het ’n honneursgraad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf. Reeds in haar studiejare het sy ’n unieke styl ontwikkel. Sy het al talle kinderboeke, handboeke en opvoedkundige gidse geïllustreer, waaronder publikasies soos Wiskunde gee my maagpyn, Spesiale (en geheime) agent Peter van der Wind en die Chinese draak en Sneeuwitjie en ander prinsesstories.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R109.95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.