Johan Pienaar
Roof, kanker, dood, egskeiding is net enkele van die slegte dinge wat oor elkeen van ons se pad kom. Maar wat bly daarna oor? Hoe kyk jy die lewe in die oë wanneer jy nie wíl aangaan nie?
Begin by vandag, sê Johan Pienaar. Dis wat jy vandag doen wat bepaal hoeveel sin en betekenis jou lewe gaan hê. En hoewel niemand werklik antwoorde op die lewe se moeilikste vrae het nie, daag die skrywer jou uit om steeds elke dag voluit te leef.
Vergesel Johan Pienaar op ʼn reis van 30 dae en leer hoe om nie net te óórleef nie, maar weer opnuut te lééf.
Matteus 6:34 Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.
* 30 dae-reis wat jou lewe kan verander
* Spreek temas aan: wat is die sin van die lewe, dink anders oor god, verander die uitkyk oor jouself
* Met ‘n gebed, aanhaling en taak vir elke dag
Oor die outeur:
Dr. Johan Pienaar, voorheen gemeentepredikant en moderator in die NG Kerk, is ’n opgeleide bestuurs- en verhoudingskonsultant en raadgewer vir verskeie direksies. Hy tree gereeld landswyd op as ’n motiveringspreker en is ook bekend vir veral sy radiowerk. Johan is getroud met Rita, ’n onderwyseres, en hulle het drie getroude kinders.
Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Dankie vir julle verwysing na die boek. Ek is ‘n gereelde leser van Maroela media en waardeer hierdie blootstelling!