Boek: Die dag toe Ernst ʼn ertjie geëet het

Jaco Jacobs

Ontmoet vir Ernst, Ernst de Vos. Hy eet so ampertjies enige kos: hamburgers, pizza, herderspastei, spaghetti, bobotie (met geelrys daarby), pampoenkoekies, kerrievis, blomkool en beet, maar Ernst weier om ertjies te eet.

Almal probeer vir Ernst oorreed om ʼn ertjie te eet: Sy ma vertel vir hom dat selfs beroemde popsangers dit elke dag eet – dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word; sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet – hy kan skatryk word, sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper ʼn hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie sterk maak. Dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.

Op ʼn dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. Meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur! Hy word so beroemd soos ʼn rockster… hy word skatryk… hy word ʼn sterk superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!

Beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?

Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter ʼn ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Wees versigtig: dalk kry jy selfs lus om aan ʼn ertjie te proe.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.