Boek: Die dag toe Louis deur ‘n Grop gegryp is

die dag toe louisJohn Fardell

Die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp en ingesluk is, het sy suster Louisa geweet sy moet vinnig iets doen om hom weer daar uit te kry.

Maar om ’n seuntjie uit ’n Grop se maag te kry, is nie altyd so maklik nie, veral as daar ander vreemde gediertes soos ’n Grommelaar, ’n Gorrelama en ’n Growwerug Gasourus is wat ook lus is vir ’n lekker happie…

Ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar oud.

Oor die outeur:
Johan Fardell is ’n Britse skrywer en illustreerder. Hy het reeds drie jeugboeke en drie prenteboeke geskryf en word beskryf as een van die beste en slimste kinderboekillustreerders wat tans publiseer. The day Louis got eaten was die wenner van die Royal Mail kinderboektoekenning, sowel as die Skotse kinderboektoekenning. Fardell woon in Edinburgh met sy twee kinders.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.