Boek: Die Daniël-plan Kookboek

Die Daniël-plan Kookboek

Die Daniël-plan Kookboek

deur Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman

Die maklike, lekker resepte in hierdie boek maak van gesond leef kinderspeletjies. Die Daniël-plan Kookboek, gebaseer op Die Daniël-plan deur Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman, is ’n pragtige kleurvolle kookboek met meer as 100 heerlike, Daniël-plan goedgekeurde resepte om gesonde kookkuns in jou kombuis in te bring.

Saam met die outeurs van Die Daniël-plan bied die Daniël-plan-sjefs aptytwekkende, uitnodigende, kleurvolle en eenvoudig heerlike disse wat ’n mens met vriende en familie kan deel. Gesonde kookkuns kán maklik en lekker wees, en Die Daniël-plan Kookboek is die perfekte boek om jou te help om jou gesondheid ten goede te verander.

Oor die Outeurs:
Rick Warren is ’n topverkoper-outeur van Christelike boeke en senior leraar by Saddleback Church, een van die grootste kerke in die VSA. Hy is veral bekend vir sy topverkoper-boek The Purpose Driven® Life waarvan daar al meer as 30 miljoen eksemplare verkoop is.
Dr. Daniel Amen is een van die voorste navorsers van die brein en het al 55 professionele artikels, 5 hoofstukke vir boeke en 30 boeke geskryf. Hy was onder andere ’n medewerker van die Comprehensive Textbook of Psychiatry.
Dr. Mark Hyman is ’n gewilde mediese konsultant, ’n New York Times-topverkoperouteur, ’n opvoeder en ’n leier in die ontluikende veld van funksionele medisyne. Hy is die stigter en mediese direkteur van die UltraWellness Center in Lenox, Massachusetts.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R299.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.