Boek: Die Daniël-plan

9781431608829

deur Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman 

Wil jy graag fisiek, emosioneel en geestelik gesonder leef? Dan is Die Daniël-plan vir jou bedoel.

Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman moedig met hierdie leefplan lesers aan om hul gesondheid net so belangrik as hul gees te ag.

Die plan fokus op vyf basiese beginsels:

  • Vertrou op God se krag (geloof)
  • Eet gesonde en lekker kos (kos)
  • Beweeg in die rigting van goeie gesondheid (fiksheid)
  • Dink beter en skerper om sukses te behaal (fokus en gebruik jou brein)
  • Genesing vir jou lewe (jou vriende se rol)

Rick Warren en sy medeskrywers nooi lesers om die beginsels in dié boek in 40 dae daadwerklik toe te pas. Die boek bied ook resepte en oefen-idees en lesers kan op die webtuiste gaan kyk vir meer ondersteuning.

Die Daniël-plan is ’n radikale gesondheidsboek wat wêreldwyd gelees én geleef gaan word.

Oor die outeurs:

Rick Warren is ’n topverkoper-outeur van Christelike boeke en senior leraar by Saddleback Church, een van die grootste kerke in die VSA. Hy is veral bekend vir sy topverkoper-boek The Purpose Driven® Life waarvan daar al meer as 30 miljoen eksemplare verkoop is.
Dr. Daniel Amen is een van die voorste navorsers van die brein en het al 55 professionele artikels, 5 hoofstukke vir boeke en 30 boeke geskryf. Hy was onder andere ’n medewerker van die Comprehensive Textbook of Psychiatry.
Dr. Mark Hyman is ’n gewilde mediese konsultant, ’n New York Times-topverkoperouteur, ’n opvoeder en ’n leier in die ontluikende veld van funksionele medisyne. Hy is die stigter en mediese direkteur van die UltraWellness Center in Lenox, Massachusetts.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.