Boek: Die De Zalze-moorde

Die-de-zalze-moordeJulian Jansen

Die Van Breda’s van Stellenbosch was skynbaar die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en gewild. In die luukse De Zalze-landgoed het hulle ’n droomlewe gelei.

En toe verander alles in ’n oogwink. Die land is tot stilstand geruk deur die nuus van Martin en sy vrou, Teresa, en hul 22-jarige seun Rudi se grumoorde. Die blondekop tiener, Marli, het net-net oorleef, maar kan weens ’n breinbesering niks van dié noodlottige nag onthou nie.

Mettertyd word die ander seun, Henri, wat ongeskonde is en weet wat werklik gebeur het, aangekla van die driedubbele moord.

Dan begin familie en vriende een-vir-een praat. Hulle skets ’n prentjie van ouers wat raadop was met hul moeilike “eenkantkind”. Henri se dwelmverslawing het blykbaar tot “groot onmin” in die huis gelei en hy was glo “die moer in” vir sy ouers omdat sy broer, Rudi, voorgetrek is.

Kan dit wees dat die Van Breda’s se eie kind die byl gelig het?

Oor die outeur

Julian Jansen is ’n skrywer en bekroonde ondersoekende joernalis. Hy was een van die eerste joernaliste op die toneel van die De Zalze-moorde. Hy het dié saak in-diepte ondersoek en enduit daaroor verslag gedoen vir Rapport, waar hy al langer as ’n dekade as joernalis werk. Hy en sy gesin woon in die Strand, Kaapstad.

Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R225,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sproetjies ·

Jaloesie is ‘n aaklige “siekte”. Dit vernietig mense se lewens totaal. As ky nog dwelms byvoeg is dit taboe. Jammerte dat mense hulle eie lewens so kan vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.