Boek: Die derde graf

deur Calvyn van Niekerk

Die derde graf

In 1927 vermoor Herklaas Knoessen twee delwers wat op sy plaas gestrand is en maak spore na Johannesburg met ʼn deel van hul diamante. Een van die delwers se vroue ontvang egter ʼn brief waarin haar man haar van die diamante vertel en jare later kom snuffel ʼn nasaat op die plaas rond op soek na die verlore skatte. Maar hy het nie met die nuwe eienaars, die Blatt-broers, rekening gehou nie. Dit hang uiteindelik van Tromp Faber af om die geheim agter die familiefortuin te ontrafel voordat sy mond ook gesnoer word. Die derde graf is ʼn heerlike spanningsroman wat die interessante delwersgeskiedenis as invalshoek gebruik.

Oor die outeur:
Calvyn van Niekerk wou aanvanklik lugmagvlieënier word, maar is medies ongeskik verklaar. Na ʼn paar jaar by die Universiteit van die Oos-Vrystaat het hy opgeskop en besluit om skrywer te word. Hy was onder meer skrywer en verhaalredakteur by Die Brandwag en Republikeinse Pers, verhaalredakteur van Ster en later redakteur van Keur. Hy is ook die skrywer van twee jeugverhale, ʼn rits radio-vervolgverhale en twee Tv-reekse vir Afrikaanse Jeugdrama. Hy en sy vrou woon deesdae in Kaapstad, na 24 jaar in Johannesbrug.

Uitgewer:Human & Rousseau
Prys: R195-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.