Boek: Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan

prent

Elizabeth Wasserman & Astrid Castle (ill.)

Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa. Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ‘n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.

Nog boeke in die reeks:

  • Jannus en Kriek onder die see
  • Jannus en Kriek krimp

Oor die outeur:

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitegewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde Fakulteit. Sy is die skrywer van die Speurhond Willem- en Anna Atoom-reekse. Elizabeth en haar gesin woon in Welgedacht, buite Kaapstad.
Astrid Castle is ’n vryskutillustreerder wat in Vishoek, naby Kaapstad, woon. Sy het al verskeie boeke vir die opvoedkundige mark geïllustreer. In 2012 het sy ‘n ATKV Kinderboektoekenning gewen vir haar illustrasies in Spookskip (Tafelberg, 2011).

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R115-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.