Boek: Die dood en die lewe hierna

Die_lewe_en_die_dood_hierna_voor.jpgDr. Isak Burger

Die dood is beslis nie julle gunsteling-onderwerp om oor te gesels as jy en jou vriendinne saam koffie drink nie! En tog, as ʼn geliefde sterf, is daar gewoonlik baie dinge waaroor jy wonder. So, waar sal jy die regte, betroubare antwoorde op al jou vrae kry?

Die dood en die lewe hierna is ’n 3-in-1-gids oor wat gebeur met jou net voor en net ná die dood, en hoe dit in die hemel sal wees. Die boek is ’n moet-hê vir elke Christen!

Dit is beslis nie net ou mense wat sterf nie. Baie mense gaan “voortydig” dood: Mense word in plaasaanvalle vermoor, of sterf in padongelukke of as gevolg van kanker. En dan praat ons nie eens van die duisende babas wat deur aborsies doodgemaak word nie. Die dood het geen ouderdomsbeperking nie!

So, kan jy dit waag om die belangrikste besluit van jou lewe uit te stel tot die laaste vyf minute voor jou dood? Dis nou as jy so gelukkig is om te weet wanneer dit sal wees! Maak eerder nou jou saak reg en begin uitsien na ’n lewe in die hemel.

Binne vyf minute ná jou dood sal jy wéét dat dit alles die moeite werd was. Jou moedhou, uithou en aanhou sal beloon word. Jou tent (liggaam) sal afgebreek word, maar dis nie die einde nie. Nie eens die dood kan jou skei van sy liefde nie – jy hoef nie bang te wees nie!

Jesus het belowe om vir ons ’n plek reg te maak om vir ewig by Hom te wees – dus, sy teenwoordigheid maak dit hemel.

Of jy nog nooit geglo het nie en of jy die laaste tyd verflou het in jou geloof, daar is genade vir almal wat Hom aanneem. Selfs al is dit vyf minute voor jou dood soos die misdadiger aan die kruis.

Die hemel is die ewige reünie van God se familie – van Adam tot by die laaste een wat gered sal word. As jy tans treur oor ’n geliefde wat dood is, kan jy getroos voel en weet: Eendag sien en herken ons mekaar weer!

Die boek is ’n kombinasie van dr. Isak Burger se vorige topverkoperboeke, Die laaste 5 minute voor die dood, Die eerste 5 minute na die dood en Die eerste 5 minute in die Hemel. Nou vorm dit jou 3-in-1-gids met al die antwoorde oor wat gebeur net voor en net ná die dood en hoe dit in die hemel sal wees.

Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys: R199*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Burger

Ek het die eerste 2 boeke gelees . Koop gerus , selfs die wie dink die mens is n net n toevallige langdurige samestelling van grondstowwe wat toevallige bestaan , sal dit insiggewend vind.

Hannelie

Ek het die een boek gekoop, maar sal graag hierdie nuutste uitgawe wil lees.

Genieve

Ek gaan beslis vir my n boek koop.

AL

Interessant. Amen.

Zan

Ek is ook een wat daarvan hou om die boeke te lees net om te sien wat mense se. Soms is daar interesante stories in maar mens moet net in gedagte hou dat dit ook nie waar is, dit is iemand wat raai en bespiegel en so ook geld maak uit die verkope van a boek. Niemand kan se wat met jou gebeur net voor en na die dood en hoe dit in die hemel sal wees. Die slag as jy weet is jy dood en jy kan nie terugkom om a boek te skryf en te vertel. Ek glo… Lees meer »